Bus

Benz-Omnibus, 1896
'n Alexander Dennis Enviro400-dubbeldekkerbus in Londen
'n Volvo B10M in Japan.
'n Scania OmniCity-bus in Stockholm, Swede.
New Flyer C40LF
Hierdie artikel handel oor die voertuig. Vir die rekenaarbegrip, sien rekenaarbus.

'n Bus is 'n voertuig wat geskik is vir die vervoer van menige passasiers. Sommige busse kan tot 300 passasiers op 'n keer vervoer.[1] Busse word vir allerlei toepassings gebruik, soos geskeduleerde publieke busvervoer, vervoer na skole, privaathuur, toerisme, en ander privaatbedrywe vir 'n wye verskeidenheid doeleindes. In Suid-Afrika val 'n bus in die kategorie "swaarvoertuie" indien dit ontwerp is om meer as 16 persone gemaklik te vervoer.[2]

Busse wat deur perde getrek is, is gebruik vanaf die 1820's, gevolg deur stoombusse in die 1830's, en toe elektriese busse in 1882. Die eerste busse met binnebrandenjins, of motorbusse, is in 1895 in Europa in gebruik geneem.[3]

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named youngman
  2. aa.co.za Geargiveer 8 Desember 2015 op Wayback Machine vehicle-classification- AA
  3. Eckermann, Erik (2001), World History of the Automobile, SAE, pp. 67–68, ISBN 978-0-7680-0800-5, http://books.google.com/books?id=yLZeQwqNmdgC&pg=PA687#v=onepage&q&f=false, besoek op 6 Oktober 2013 

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search